← Dorpsprikbord
DORPSPRIKBORD · ORANIA

Witkruisdag in Orania

Wanneer
Woensdag 11 November 2026
17:30
Waar
Orania Swembad
Toegang
Gratis toegang

Oor die geleentheid

Op 11 November kom ons weer by die Witkruis byeen om diegene te herdenk wat hul lewens weens plaasmoorde verloor het en soldate wat op die grens gesterf het.

Die Orania Bewaringstigting nooi die gemeenskap uit om hierdie herdenkingsgeleentheid by te woon en saam stil te staan by die lewens wat verlore gegaan het.

Ons kom om 17:30 by Orania Swembad bymekaar. Die optog na die Witkruis vertrek om 17:40.

Die program sluit onder meer ’n toespraak deur Theuns Wessels, ’n gedigvoordrag deur OKeR en kranslegging in. Ons sien uit daarna om die gemeenskap by hierdie herdenkingsgeleentheid te verwelkom.

Bewoon. Bewerk. Bewaar.

Organiseerder

Orania Bewaringstigting

bewaringstigting@orania.co.za · 060 734 6644 / 053 207 0063