STAP VIR JESUS
- Wanneer
- Sondag 8 November 2026
12:00 - Waar
- OOM / OVD se kantore
- Toegang
- Gratis toegang
Oor die geleentheid
Kom stap saam terwyl ons Orania en sy leiers, ons gemeenskap, ons families en ons land in gebed aan ons Hemelse Vader opdra. Die stap is interkerklik en is nie aan enige instansie verbonde nie. Ons is net afhanklik van ons Skepper. Almal is welkom!
Ons vertrek by OOM / OVD se kantore, stap af in Smaragstraat, draai links in Perellaan en steek die R369 oor tot by Melk en Heuning. Daar kan ons water of koeldrank drink en ’n paar minute rus. Daarna stap ons terug na die vertrekpunt.
Rolstoele en elektriese voertuie is welkom vir dié wat moeilik stap. Onthou gemaklike skoene. Kom bid net saam!
Organiseerder
Anton en Sandra Smit082 711 6211 / 082 335 1001